Pizza Steak – Steak met ‘n Lekker Pizza Vulsel Bo-op

Bestanddele:

4 x 200 g Sirlion Biefstuk

1 Geel Soet Rissie

1 Groen Soet Rissie

1 Rooi Soet Rissie

6 Groen Pitlose Olywe

6 Swart pitlose olywe

15 ml Botter of Margarien

250 g Mozzarella Kaas

2 Groot Uie

30 ml Olyfolie of Sonneblom Olie

Sout en Peper Na smaak

Metode:

Pizza Mengsel:

  • Sny al die bestanddele, behalwe die biefstuk fyn.
  • Verhit dikboom pan en voeg olie en margarien in en laat goed warm word.
  • Voeg uie en die gekerfde rissies by.
  • Braai tot uie glans het en nie bruin is, voeg nou olywe by.
  • Haal van stoof af en laat afkoel.
  • Voeg nou kaas by en meng.

Gaarmaak van Pizza Steak:

  • Verhit dikboom pan. Pan moet baie warm wees.
  • Geur biefstuk met sout en peper en smeer liggies met olie.
  • Braai dan elke kant net vir so 2 min. (Vleis moet nog pienk wees in die middel). Ek moet se indien jy dit so verkies. Ek hou glad nie van vleis wat nog pienk is nie. Hierdie deel sal jy maar vir jouself moet besluit.
  • Verwyder van pan en pak nou die pizza mengsel bo oor die biefstuk.
  • Bak nou vir omtrent 10 minute in voor verhitte oond op 200 grade c.

Kan bedien word saam met aartappel skyfies en slaai of Spaanse gegeurde rys en slaai.

Volgende Resep: Tuisgemaakte Biltong