Notes
Soek jy na nuwe poedings met jou gunsteling vrug? Hierdie pynappel poeding is defnitief 'n wenner en moet beslis probeer word.
Ingredients
- 1 Blikkie Ideal melk, oornag verkoel in yskas
- 1 Pakkie pynappel jellie
- 1 Blikkie Crushed Pynappel
Instructions
- Gooi die stroop van die pynappel af en los die jelliepoeier daarin op.
- Voeg ‘n klein bietjie water by indien die vloeistof te min is.
- Sit in die yskas tot so halfpad gestol en soos eierwit lyk.
- Klits dan die ideal melk tot dik en dubbeld in volume.
- Voeg nou die jelliemengsel en crushed pynappel by.
- Meng deur en sit in die yskas in ‘n mooi opdienbak om te stol.
- Dit kan ook vir ‘n tert gebruik word – pak dan ‘n laag tennisbeskuitjies onder in ‘n bak en gooi die helfde van die vulsel oor.
- Nog ‘n lagie beskuitjies en dan die res van die vulsel.
- Krummel een of twee koekies bo-oor vir garnering en sit in die yskas om te stol.
Volgende Resep: Oros Poeding