Rencia se Aartappel Gebak – Opsies Om Aartappels Te Maak

(Alles is rou)

Jy kan egter alles ook eers gaar maak maar hoekom tyd spandeer om dit eers gaar te maak as dit in 1 uur in die oond kan gaar word.

Bestanddele:

4-5 Aartappels geskil en in skyfies gesny

1 Ui fyngekap

Stukkies groen/rooi en geel pepers

Stukkies spek, of ham, of rooi worsies, salami, gemengde kouevleis, enige wat jy in jou yskas het.

Knoffel, sout en peper

1 Potato bake (enige geur)

1 k Melk of room

Gerasperde kaas

Metode:

  • Meng die ui, spek, knoffel, pepers en sout en peper saam.
  • Pak laag aartappels  en dan ‘n laag van die ui mengsel.
  • Gooi potato bake gemeng met die melk oor en laastens gerasperde kaas bo-op en bak in oond by 180°C tot gaar en goudbruin.

Variasies:

  • Indien jy nie potato bake het nie, maak 1 pakkie wit uie sop of sampioensop aan met so 300ml melk en gooi die oor.
  •  Jy kan ook bruin uie sop gebruik vir heeltemal ander variasie.
  • Indien jy nie sop poeier het nie, maak ‘n loperige witsous/kaassous en gooi die tussen die lae en bak tot gaar.
  • Indien jy wil, kan jy net gewone room oorgooi en dan bak tot gaar.
  • Indien jy net halwe pakkie potato bake het, gooi nog so 2 eetl. meel by en so 300ml melk.

Volgende Resep: Aartappel Kluitjies