Ingredients
- 100 ml Olyfolie
- 250 g Spek
- 1 ui
- 1 kg Bees maalvleis
- 5 ml Naeltjies
- 5 ml Rooipeper
- 5 ml Swartpeper
- 4 Knoffelhuisies
- 20 ml Vars tiemie
- 20 ml Vars koljander
- 20 ml Vars basilliekruid
- 8 Saggekookte eiers
- 375 ml Gerasperde mozzarella
Instructions
- Voorverhit oond tot 180ºC.
- Meng al die droë bestanddele en voeg by die maalvleis. Sny die ui en knoffel op in klein blokkies en meng dit ook met die vleis.
- Voer ‘n broodpannetjie uit met tinfoelie, en voer dan ook uit met die spek.
- Meng die olyfolie met die maalvleis en pak ‘n dun lagie vleis bo-op die spek.
- Kook die eiers net vir drie minute en gooi dit dan in yskoue water en laat staan vir 5 minute.
- Dop dit af en plaas dit bo-op die maalvleis in die middel van die pannetjie. Plaas die res van die maalvleis bo-op die eiers.
- Bak vir 30 minute en gooi dan die mozzarellakaas oor die broodjie en bak vir ‘n verdere 10 minute
Volgende Resep: Tuisgemaakte Droewors