Notes
Wenk:
Vermeerder die kerriepoeier tot 15 ml as jy ’n sterk kerrie geur verkies. As jy dit met selfs meer brand verkies, voeg 1 of 2 gekapte brandrissies by die sous.
Deur ARINA DU PLESSIS
Ingredients
- 2 kg Hoenderporsies
- Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- 250 mℓ Blatjang
- 250 ml Volvet-mayonnaise
- 30 ml Heuning
- 10 ml Sterk kerriepoeier
- 30 ml Vars suurlemoensap
- 250 ml Water
- ½ Pakkie bruin uie sop poeier
- Vars pietersielie om af te rond
Instructions
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Pak die hoenderporsies in ’n enkellaag in ’n oondbak en geur met sout en peper.
- Meng die res van die bestanddele, behalwe die pietersielie, goed en giet oor die hoender.
- Bedek moet foelie en bak vir 40 minute.
- Verwyder die foelie en bak oop vir ’n verdere 20-30 minute tot die hoender goudbruin en deurgaar is en die sous lekker dik.
Volgende Resep: Gebakte Hoender