Rooibostee Gerookte Aartappel Slaai – Kyknet Kokkedoor

Bestanddele:

1 Kg Aartappels

6 Rooibos teesakkies se tee blare

3 Eiergele

5 ml Droë mosterd poeier

Sap van halwe suurlemoen

Knypie Sout

750 ml Olie

4 Gerasperde knoffelhuisies

Vars gekapte kruie (bv. basilie, koljander, tiemie en roosmaryn)

125 ml Kappertjiesade

Metode:

  • Kook aartappels met die skil aan en sny in halwes.
  • Plaas rooibostee sakkies se teeblare in ‘n roker. As jy nie een het nie, voer ’n oondpan met foelie uit en gooi die rooibosteeblare bo-op.
  • Plaas ’n afkoelrakkie bo-oor en stapel die aartappel-halwes daarop. Maak toe met deksel om rook binne te hou.
  • Plaas oor matige hitte op ‘n stoof- of gas plaat en rook vir sowat 15 minute.

Mayonnaise Metode:

  • Maak ‘n mengbak warm met sterk warm kraanwater, droog vinnig af en gooi drie eiergele in, klits tot lig en skuimerig met elektriese handmenger op hoog vir 3 minute.
  • Voeg die mosterd, suurlemoensap en sout by.
  • Klits weer op hoog vir 4 minute.
  • Voeg olie stadig in ‘n dun stroompie by. Moenie haastig wees nie. Klits tot al die olie in is en lekker dik mayonnaise gevorm het.
  • Meng by knoffelhuisies, asook gekapte kruie.
  • Droog kappertjiesade (capers) met kombuispapier af.
  • Diepbraai in warm olie.
  • Meng kruie mayonnaise deur die gerookte aartappels.
  • Strooi growwe swartpeper, nog gekapte kruie en bros gebraaide kappertjiesaad oor.

Bron: Kyknet Kokkedoor

Volgende Resep: Gevulde Aartappel met Oorskiet Braaivleis