Sneeu Poeding – Hierdie Is ‘n Baie Aantreklike Nagereg

Vir die lekkerste sneeu poeding resep probeer gerus hierdie een. Dis ideaal vir ‘n basaar poeding of net ‘n koue nagereg.

Bestanddele:

4 k Water
1 1/2 k Suiker
Sout
3 Hoogvol eetlepels maizina
4 Eierwitte (styf geklop)
1 t Wynsteensuur
1 t Suurlemoengeursel

Metode:

  • Kook water, suiker en sout.
  • Maak maizina aan met bietjie water en voeg by die kokende suikerwater.
  • Verwyder van stoof en vou styfgeklopte eierwitte, wynsteensuur en geursel by.
  • Plaas in yskas.

Sneeu Poeding nr.2

Bestanddele:

22.5 ml Gelatien

60 ml Water

250 ml Water

250 ml Suiker

60 ml Suurlemoensap

Skil van halwe suurlemoen

2 Eier witte

 Metode:

  • Sprinkel die gelatien oor die 60ml water en laat dit uitswel.
  • Verhit die 250ml water tot dit begin prut, voeg die gelatien by en en roer tot dit smelt.
  • Voeg die suiker, suurlemoensap en die skil van die suurlemoen by.
  • Gooi die mengsel in ‘n groot bak en laat dit eenkant afkoel. Klits dit met ‘n klitser tot dit sponserig is en amper gestol het.
  • Klits die eierwitte styf, voeg die gelatienmengsel by en vou dit liggies in.
  • Sit die bak in die yskas tot gestol.

Volgende Resep: Pynappel Poeding