Hierdie resep ken ek al uit my kop uit en dis die resep wat ek die meeste gebruik. Die koeke bly lekker lank klam en proe net ongelooflik sponsagtig en baie lekker.
Notes
Wenk:
Koppie lemoensap kan gebruik word i.p.v. melk en water.
Gebruik 'n 1/2 koppie klapper en 2 koppies meel vir 'n klapper koek.
Ingredients
- 5-6 Eiers
- 2 1/2 Koppies Meel
- 2 Koppies Suiker
- 1 Koppie Olie (Sonneblom Olie, Net nie Olyfolie nie)
- 4 teelepels Bakpoeier
- 1 Koppie Warm Melk (Indien chocolade koek gemaak word gebruik water i.p.v. melk en 4 teelepels coco)
- 1/4 Teelepel Sout
- 4 Eetlepels Maizina
- 5 - 10 ml Vanilla
Instructions
- Klits die olie, suiker en eier gele by, klits goed.
- Sif meel, bakpoeier en sout saam.
- Roer by vorige mengsel.
- Voeg vanilla en maizina by.
- Voeg melk by.
- Klits eier witte en voeg by megsel.
- Bak in 2 laag panne in matige oond (180 °C) vir 25 - 30 minute.
Volgende Resep: Mikrogolf Wortel Koek