Notes
Aangesien die vleis nie gaargemaak word nie, moenie enige vark produkte gebruik nie.
Ingredients
- 4.5 kg Bief
- 1 kg Skaapstert Vet (Of Beesvet)
- 5 ml Gemaalde Naeltjies
- 20 g Heel Koljander
- 65 ml Fyn Sout
- 10 ml Varsgemaalde Peper
- 90 g Skaapderms (Week in warm water indien in sout gehou)
Instructions
- Sit die koljander in 'n droë braaipan en skroei oor matige hitte tot lig bruin terwyl aanhoudend geroer word.
- Verwyder en stamp baie fyn.
- Sny die vleis en vet in blokkies en meng deeglik met al die bestanddele.
- Maal die vleis met 'n medium/growwe lem.
- Stop die derms, maar wees versigtig om die wors nie te styf te stop nie.
- Dompel die wors vir 'n paar sekondes in 'n mensel van 4.5 liter kokende water en 350 ml asyn en hang dit op om droog te word.
- Na 24 uur, druk die wors effens plat sodat enige lugblasies verwyder word (hierdie lugblasies kan muf veroorsaak).
- Laat die wors verder droog word.
Volgende Resep: Tuisgemaakte Biltong