Ingredients
- 1 Pak spaghetti (of ander lint noedels)
- 10 ml Olie
- 10 ml Botter
- 2 Uie, grof gekap
- 2 Knoffelhuisies, fyngedruk
- 2 Blikke (170 g elk) tuna, goed gedreineer (gebruik die "chunky")
- 250 ml – 500 ml Gemengde groente
- Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- Spuit suurlemoensap
- 6 Ekstra groot eiers
- 125 ml Room
- 30 ml Mayonnaise
Instructions
- Voorverhit oond tot 180°C en smeer 'n koekpan van 22 cm goed met olie.
- Kook spaghetti in 'n pot vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm.
- Terwyl pasta kook, verhit olie en botter en braai uie en knoffel daarin tot sag.
- Voeg tuna en groente by en braai tot groente gaar is.
- Geur na smaak met sout, peper en suurlemoensap.
- Skep pasta mengsel in voorbereide pan.
- Klits eiers, room en mayonnaise saam en giet oor pasta.
- Bak vir sowat 30 minute, of tot goudbruin en ferm.
- Laat vir 'n paar minute in pan afkoel voor dit uitgekeer word.
- Sit voor met 'n groen slaai.
Volgende Resep: Gevulde Tuna Pannekoeke