Vanielje Koekies – Heerlike Smelt In Die Mond Koekies

Maak: Omtrent 20 koekies
Bereidingstyd:
30 minute, plus yskastyd van n uur
Baktyd:
10-12 minute
Oondtemperatuur:
170 °C

Bestanddele:

130 ml (120 g) Botter
80 ml (70 g) Strooisuiker
330 ml (180 g) Koekmeel
1 groot Eiergeel
5 ml Vanieljegeursel

Metode:

  • Klits die botter en suiker saam tot lig.
  • Klits die eiergeel en vanielje by.
  • Voeg die meel by en roer tot ’n sagte deeg.
  • Draai in kleefplastiek toe en sit vir ’n uur in die yskas.
  • Rol die deeg uit tussen twee velle kleefplastiek. Sny vorms daaruit met ’n koekiedrukker.
  • Pak op ’n gesmeerde bakplaat en bak vir 10 tot 12 minute in die verhitte oond.
  • Haal van die bakplaat af en laat op draadrakkies afkoel. Versier met harde versiersel.

Volgende Resep: Skurwe Jakkies