Notes
Opsioneel:
Jy kan so bietjie rosyne en neute (so handvol) van jou keuse ook by die semel mengsel ingooi.
Hierdie is 'n Mikrogolf Resep.
Ingredients
- 500g Harde margarien
- 5ml Sout
- 1 ½ k Bruinsuiker
- 500 ml Karringmelk
- 2 Eiers
- 1 kg Bruismeel
- 5 k Semels of 3 k "All bran flakes" en 2 k semels
- 200 ml Olie
- 15 ml Bakpoeier
Instructions
- Meng margarien, sout en bruinsuiker en mikrogolf op hoog vir 3 minute.
- Klits karringmelk en eiers.
- Meng bruismeel en semels.
- Voeg nou die botter mengsel en eier mengsel by mekaar en voeg olie en bakpoeier by.
- Voeg nou die meel en semel mengsel by.
- Sit in 2 x 2 roomysbakke.
- Mikrogolf elke bak apart vir 10 minute op hoog en laat staan vir 5 minute. (Staan tydperk binne-in die mikrogolf – deur nog toe.)
- Keer uit en sny in vingers en droog soos normaalweg in die oond uit.
Volgende Resep: Grondboontjiebotter Koekies