Hierdie resep is baie maklik om te volg. 'n Aand ete in 'n jap trap.
Serving Size
4 Porsies
Cook Time
30 minutes
Ingredients
- 12 Visvingers
- 125 ml Melk
- 60 ml Mayonnaise
- 250 ml Fyn gerasperde, kaas
- 1 ml Rooipeper
- 25 ml Blatjang
- 12.5 ml Gerasperde ui
- 12.5 ml Fyn gekapte soetrissie
- 2.5 ml Sout
- 750 ml Gaar, warm rys
Instructions
- Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie.
- Gooi die melk in die kastrol.
- Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper by en verhit.
- Roer 2 minute lank en aanhoudend.
- Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous.
- Verhit tot alles warm is.
- Plaas die rys op ‘n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys.
- Gooi die sous oor die visvingers.
Volgende Resep: Gevulde Tuna Pannekoeke
Vir my persoonlik het hierdie resep ‘n snaakse kombinasie smaak. Maar tot my verbasing het my man en kinders nogals van dit gehou en gese ek moet dit beslis weer maak.