Hamburger Tert Featured

Hamburger Tert – Hierdie is ‘n Absolute Wenner Resep

 

Hierdie hamburger tert resep is fantasties. Dit is so baie lekker dat jy dit tenminste een keer ‘n maand sal maak. Ek gebruik net 1 blikkie tamatie en uie smoor want ons is nie mal oor die smaak nie, maar dit is net genoeg vir ons en dit is perfek.

Hamburger Tert Na Gebak image
Hamburger Tert na die Bak en Brou

Hamburger Tert Bestanddele:

6 – 8 Hamburger broodrolletjies (Hang af hoe groot die rolletjies is)
500 g Maalvleis
1 Ui
5 ml Knoffel
Speserye (Barbeque, spice for mince, oxtail blokkie, enige van hierdie of wat jy verkies)
1 – 2 Blikkies tamatie- en uie smoor
1 liter Kaassous
1 k Gerasperde kaas

Metode:

  1.     Sny die rolletjies deur die helfte.
  2.     Pak onderste helfte in ‘n diep vuurvaste bak.
  3.     Braai ui en maalvleis tot gaar.
  4.     Geur met speserye.
  5.     Bedek die broodjies met die blikkies tamatiesmoor.
  6.     Sit gaar maalvleis bo-oor.
  7.     Bedek met helfte van kaassous. Sien metode vir kaas sous onder!
  8.     Sit ander helfte van broodjies bo-op.
  9.     Bedek met orige kaassous en gerasperde kaas.
  10.     Bak oop in oond teen 180 grade vir 20 minute.
hamburger tert image
Stappe van die Hamburger Tert

Notas:

Metode vir kaassous:

Smelt 60 ml botter en voeg 60 ml koekmeel by. Meng tot pasta vorm. Voeg 400 ml melk by en roer aanhoudend. Voeg 150 g kaas by en roer tot die kaas gesmelt het.


Volgende Resep: Pizza Steak

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *