Kondensmelk Koekies Featured

Lekker en Vinnige Kondensmelk Koekies – Koekie Resepte

 

Hierdie resep is baie eenvouding om te maak. Die koekies is verbasend nie so soet nie, maar eintlik net reg.

Kondensmelk Koekies image
Kondensmelk Koekies

Hierdie resep lewer ‘n hele klompie koekies.

Bestanddele:

250 g Botter
180 g Suiker
5 mℓ Vanilla
1 Blik Kondensmelk
700 g Koekmeel
10 mℓ Bakpoeier

Kondensmelk Koekies Metode:

  1. Voorverhit oond op 180 ° C.
  2. Room botter en suiker saam.
  3. Meng vanilla en kondensmelk saam.
  4. Gooi koekmeel en bakpoeier bietjie vir bietjie by.
  5. Rol deeg uit in balle en druk plat met vurk.
  6. Jy kan ook vormpies maak van die deeg.
  7. Bak in oond vir 10 – 12 minute of tot goudbruin.



Volgende Resep: Een, twee, drie koekies

4 thoughts on “Lekker en Vinnige Kondensmelk Koekies – Koekie Resepte

  1. Ek het na kondensmelk-koekie resep gesoek soos my ouma se resep van jare gelede… gaan die een probeer van julle en glo dit gaan baie lekker smaak! Heel eenvoudige resep wat glad nie moeilik lyk nie. Baie dankie!

     
  2. Die resep werk glad nie vir my nie. Dis nie n slegte resep nie, maar definitief te veel koekmeel. As mens dit probeer bolletjes rol krimmel dit in mens se hand. Het bietjie melk by gegooi en die tweede pan het baie beter uitgekom. Maar sleg vir iemand wat vir die eerste keer probeer koekies bak. Sit dalk die koekmeel in ml dan sal dit beter uitwerk.

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *