3 Bestanddele Koekies Featured

3 Bestanddele Koekies – Lekker Maklike Klein Koekies Resepte

 

Hierdie 3 bestanddele koekies resep is baie lekker as jy vinnig maklike klein koekies wil maak. Dit is een van die lekkerste tuisgebakte klein koekies wat mens kan maak.

3 bestanddele maklike klein koekies
3 bestanddele koekies

Maklike Klein Koekies Bestanddele:

1kg koekmeel
500g Icing Sugar
1kg Botter

Metode:

  1. Meng saam, rol die deeg uit en maak vormpies met “cookie cutters”.
  2. Bak vir 10 min of tot goud bruin op 180° C.

Dit is hoe eenvouding hierdie klein koekie resep nou eintlik is. Letterlik net 3 bestanddele om hierdie lekker 3 bestanddele koekies te maak.


Volgende Resep: Soentjie Koekies

42 thoughts on “3 Bestanddele Koekies – Lekker Maklike Klein Koekies Resepte

    1. Hi, as jy nog koekie resepte soek kan jy altyd aansluit by ons nuusbrief en dan die gratis boek aflaai, sodra jy aangesluit het.

       
        1. Dit is beslis baie lekker. Laat weet asb hoe dit proe en of dit maklik was as jy dit gebak het. Die terugvoering sal baie nice wees.

           
      1. Ek wil liewers vir hondjie tuis gemaak koekies gee want die wat jy in die winkel koop is ontsettend duur

         
    1. Hi Anel,

      Glad nie ‘n dom vraag nie. Ek het nog nooit dit so probeer nie, maar ek sal dit nie probeer as ek jy is nie. Want die botter moet lekker ingevryf word saam die meel en icing sugar.

      Maar jy is meer as welkom om dit te probeer en sommer ons almal hier op die blad jou terugvoering te gee.

       
          1. Hi daar, ek glo nie dit behoort ‘n probleem te wees nie, want wat is versiersuiker nou eintlik? Dit is suiker wat baie fyn gemaak is, poeier vorm.

            Let wel, die koekie mag dalk growwer wees, en nie so glad soos wat dit moet wees met versiersuiker.

             
  1. Ek wil net graag baie danki se vir di 3 bestandele koekie resep Ekt eers getwyfel maar toe gebak en dis wonderlik! Goedkoop en vinnig! By van die deeg kleursel en geursel ingemeng ander weer smarties bo op

     
    1. Hello…ek het nog NOOIT soetkoekies gebak nie…spuit jy spray and cook op bakplaat..of hoe maak ek….

       
  2. LEKKERSTE KOEKIE RESEP OOIT!!!! Het Stork se bak margarien gebruik. Sal nooit weer ander resep gebruik nie. Het die lekker en mooiste kersgeskenke gemaak 🙂

     
  3. Maklik, smaaklik en bekosbare resepte. Lekker om veral die koekie resepte met jou kinders of kleinkinders te maak.

     
  4. Hi, Klink baie lekker,
    Wonder net. Koekmeel of self raising flower? want hoe reis hy dan?
    Help assebelief

     
    1. Hi daar, dit is baie lekker koekies, maar hulle rys nie. So jy moet die grote uit druk soos wat jy hom wil he.

       
  5. Hi Kan ek ook aan aansluit en ek wil ook graag die resepte boekie hê. Baie dankie vir n baie maklike lekker koekie resep.

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *