Rencia se Piesangbrood Featured

Rencia se Piesangbrood Resep – Maklike Piesangbrood

 

Rencia se piesangbrood is ‘n resep wat sy aangepas het. So ook om dit lekkerder te maak. Dit is ‘n smaaklike piesangbrood resep hierdie.

Rencia se Piesangbrood image
Rencia se Piesangbrood

Bestanddele:

2 k Meel
125 g Botter
1 k Suiker
3 Eiers
4 eetl. Warm melk
¼ t Koeksoda
2 t Bakpoeier
4 – 5 Groot ryp piesangs
Sout

Rencia se Piesangbrood Metode:

  1.     Klop botter en suiker – voeg eiers by.
  2.     Voeg fyngemaakte piesangs by.
  3.     Meng meel, bakpoeier en sout en voeg by mengsel.
  4.     Los koeksoda op in melk en voeg by mengsel.
  5.     Bak in broodpanne ongeveer 1 en ¼ uur by 180 °C.

Notas:

Wenk:

Ek gooi partykeer gekapte neute – so handjie vol ook by die brood.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *