Vis met n spesery bolaag Featured image

Vis met ‘n Spesery Bolaag – Vis Resepte

 

Ek het nog nie hierdie resep self probeer nie, maar die bestanddele se vir my dat dit ‘n lekker vis dis kan wees. Gaan julle dit probeer en die ander lesers vertel of dit heerlik was of nie?

Bestanddele:

4 Dik stokvisfilette, ongeveer 100 g elk
10 ml (2 t) Seesout
1 Ui, grofweg gekap
5 ml (1 t) Gekapte vars knoffel
5 ml (1 t) Gerasperde vars gemmer
30 ml (2 e) Griekse jogurt
30 ml (2 e) Kerriepasta
15 ml (1 e) Blatjang
125 ml (½ koppie) Vars broodkrummels
30 ml (2 e) Gekapte vars koljander
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Vis met n spesery bolaag image
Vis met n spesery bolaag

Metode:

  1. Verhit die oond tot 180°C.
  2. Voer ’n bakplaat met foelie en smeer dit liggies met botter.
  3. Strooi ’n bietjie seesout oor die visfilette en hou eenkant.
  4. Kap die ui, knoffel en gemmer in ’n voedselverwerker fyn.
  5. Voeg die jogurt, kerriepasta en blatjang by en pols tot ’n dik pasta.
  6. Voeg die broodkrummels, koljander, sout en peper by en meng goed.
  7. Pak die visfilette op die bakplaat en smeer die pasta eweredig daaroor.
  8. Bak vir 12-15 minute of tot die vis deurgaar is.
  9. Sit dit voor met geroosterde groente of ’n slaai.

Volgende Resep: Tuna en Groente Spaghetti

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *