Hierdie vla koekies is baie bros as hulle uit die oond kom, maar die heerlike geel koekies smaak so lekker saam ‘n lekker koppie tee.
Vla Koekies Bestanddele:
175g Meel
50g Vlapoeier
50g Versiersuiker
1/2 tl Sout
150g Sagte margarien
2ml Vanilla essence
Metode:
- Oond op 180 grade.
- Meng al die droë bestanddele goed saam.
- Vryf margarien en vanilla in met vingers tot deeg.
- Bak vir 15min.