Vla Skywe Featured

Heerlike Vla Skywe Wat Jy Nou Self Kan Maak Met Die Resep

 

Hierdie is ‘n maklike vla skywe resep wat jy vandag nog moet probeer. Nou hoef jy nie meer so duur by supermarkte vir dit te betaal nie.

Vla Skywe Bestanddele:

Vla Skywe image
Vla Skywe

1 pak Cream crackers
1L Melk
250ml Wit suiker
60ml Botter/margarien
125ml Koekmeelblom
100ml Mielieblom
12.5ml Vlapoeier
2ml Sout
125ml Koue water
3 Eiers
5ml Vanieljegeursel
475ml Versiersuiker
25ml Kookwater
10ml Suurlemoensap

Metode:

  1. Pak beskuitjies in rye van 3 op boom vlakplat bak 30x23cm – lyne moet dwars lê.
  2. Mikrogolf melk, suiker en botter vir 10 min oop in ’n 2l bak by 100% krag tot kook punt – roer af en toe.
  3. Meng koekmeel, mielieblom, vlapoeier en sout.
  4. Klits koue water en eiers saam en maak meelmengsel daarmee aan.
  5. Klits bietjie van die kookmelkmengsel by meelmengsel en klits dan die meelmengsel by die res van die kookmelkmengsel.
  6. Mikrogolf die vulsel 7 min oop by 70% krag en klop elke 1.5min goed met draadklopper.
  7. Roer vanielje geursel by. Skep vulsel op beskuitjies en maak gelyk.
  8. Bedek met ‘n laag beskuitjies presies soos die onderste laag.
  9. Laat afkoel by kamer temperatuur en verkoel dan verder in die yskas.
  10. Sif die versiersuiker en maak aan met die kookwater en suurlemoensap.
  11. Bedek die boonste beskuitjies daarmee.
  12. Plaas in yskas om styf te word. Sny voor opdoening sodat elk die grootte van ‘n halwe creamcracker is.

Notas:

Bron: Suzette Strydom Bouwer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *